Wendy Maartens
Nuusblad

Wendy sorg vir nog ‘n versamelbundel propvol fantastiese dierefabels!

Hierdie vrolike bundel bevat 20 fabelagtige diereverhale wat elkeen op ‘n unieke manier ‘n waardevolle lewenswysheid vir kinders insluit en wys hoe waardes in die alledaagse lewe toegepas kan word.

Donkie se lang pad dorp toe dra die boodskap oor dat ‘n mens nooit almal tevrede kan stel nie. “Vlermuis, Braambos en Seemeeu hou vergadering” dra by tot die idee dat mens nie net moet dink aan wat jy kort nie, maar dat jy moet waardeer wat jy het. “Muggie sien kans vir Leeu” bevat die wysheid dat niemand so sterk is dat hy nooit kan verloor nie. “Tor sit Arend op sy plek” gee weer moed dat daar altyd ‘n manier is om ‘n boelie op sy plek te sit, al is jy klein…

Hierdie is maar enkele voorbeelde uit hierdie bundel propvol gawe, skaam, vrolike, bang, kwaai en brawe diere. Waaroor wil Mevrou Krap spog? Wat is Olifant se geheim? Het Haas toe die boelies uitoorlê?

Moenie langer wag om uit te vind nie!

Illustrasies deur Shayna Olivier

Lapa, 2021