Wendy Maartens
Nuusblad

Wendy lei heel eerste boekgesprek by Jan Rabie-huis

Ek kan my nie ‘n beter plek indink om ‘n boekgesprek oor Jacqueline Leuvennink se lieflike bundel Poskaarte van ‘n Reis te hou nie – die stoep van die Jan Rabie-huis op Onrus.
Op die oomblik is ek eintlik ‘n bietjie oorweldig. Om met Jacqueline oor haar ryk storielewe te gesels is reeds genoeg. Om dit te doen in die ruimte waar Jan Rabie en Marjorie Wallace soveel jaar gewoon, gewerk en talle sestigers ontvang het, is ‘n belewenis waarvoor nie een van ons twee eintlik woorde het nie.
My gesprek met haar was die heel eerste van sy soort op daardie stukkie heilige grond.
Al wat ek kan sê is: dankbaar!
🌿💙🌿