Wendy Maartens
Nuusblad

Wendy kuier saam met die formidabele vroue van die VLV

Dit was ‘n voorreg om betrokke te wees by die opening van VLV Kleinmond se aanbieding van die 90ste Sirkel Overberg Konferensie.

Om op ‘n helder herfsoggend tussen hierdie geesdriftige vroue en hul handewerk te staan, te sien hoe hulle die tradisies van die vroue vóór hulle koester en terselfdertyd met geloof en entoesiasme beplan vir die toekoms, het my diep geraak.

Ek is opnuut bewus gemaak van wat dit beteken om vanuit die gawes van vrouwees in ‘n harde wêreld te funksioneer.

🌿❤️🌿
Wendy Maartens

Psalms vir Kleingoed

Rus jou kind met Psalms vir Kleingoed toe om al hul emosies teenoor God te kan uitstort.

Geliefde kinderboekskrywer Wendy Maartens het die mees gepaste psalms spesiaal vir kinders uitgesoek en gee hulle hier in kinders se eie taal weer.

Elke psalm of gedeelte van ‘n psalm is pragtig geïllustreer deur Zinelda McDonald.

Psalms vir kinders is ‘n aanwins op enige kind se boekrak en sal ‘n lewenslange liefde vir God se woord by jou kind kweek.

Illustreerder: Zinelda McDonald

Lux Verbi, 2023