Begeesterd! Dis hoe ek van Stilbaai-boekefees terugkeer. Met ‘n kop vol stories, idees, woorde, geure, beelde en klanke. Voeg daarby die entoesiasme van my medeskrywers, die feesgangers en almal wat so hard gewerk het om die fees te laat gebeur en Eskom kan my as aanvullende kragbron gebruik.
Dankie Elna van der Merwe en jou span, LAPA Uitgewers Penguin Random House SA en Nadine Petrick.
Ek gaan nog lank hoog op al die lekkertes vlieg!