Dit was my voorreg om Saterdag met Dana Snyman ‘n gesprek te voer oor sy nuutste boek Seun.
Die boek het ‘n diep indruk op my gemaak.
Die voorbereiding het my onder andere teruggeneem na die weermagpad wat ek en soveel vriendinne met geliefdes gestap het, maar veral hoe uitgelewer die individu was wat nie by die “weermag se prentjie” ingepas het nie.
Ek is dankbaar vir hierdie boek wat ‘n stuk geskiedenis oopskryf soos wat ‘n pitsweer oopgemaak word – versigtig en met ‘n sagte hand.
Dit was maklik om met Dana te gesels.
Hy spaar homself nie.
Ek dink elkeen wat daar was sal saamstem dat ons vir ‘n klein rukkie deel van iets groter was.
Dankie aan Dana Snyman Skrywer wat bereid was om te kom, elkeen wat saamgekuier het, almal wat reëlings getref het en Kleinmond se VLV-dames wat ons so heerlik bederf het.
Omdat dit Erfenisdag is, deel ek graag twee gedagtes wat keer op keer opgekom het:
“Hou aan om oor sogenaamde grense heen uit te reik.”
“Moet net nie weer laer trek nie.”
En mag ek ‘n gunsteling van my uit die boek byvoeg?
“Trompie is ‘n boelie!”
Gelukkige Erfenisdag!