Wendy Maartens
Nuusblad

Wendy gee tuisonderrigleerders ‘n kykie op die lewe van ‘n skrywer

Ek het nog altyd ‘n spesiale plekkie in my ❤️ vir “homeschoolers” gehad. Hulle is dapper, kreatief en dink buite die boks.

Daarom het ek gespring toe Lizè Richter van Hermanus Biblioteek my nooi om met ‘n groep ouers en leerders te gesels wat by tuisonderrig betrokke is.

Dit was my voorreg om hul skryfkompetisie af te skop met ‘n kykie op skrywer-wees en die pad van ‘n manuskrip tot by die boekbekendstelling.

Troula Goosen vat binnekort die aflosstokkie by my aan met skryfwenke.

Ek kan nie wag om jul stories te lees nie, homeschoolers. Ek weet julle gaan hoog op daardie woorde vlieg!