Wat ‘n voorreg om vandag in die Kunstekaap se operahuis met 1200 leerders oor Sankind lees die Wind te gesels!
Dankie aan die organiseerders van die Suidoosterfees, LAPA Uitgewers en Penguin Random House SA wat kinders help om blinkoog te droom en hul drome en talente te gaan uitleef.
Sankind Lees Die Wind
Ontdek die wonderlike wêreld van die Sanmense in hierdie asemrowende bundel kortverhale.
Wendy Maartens leer jou van die skerp wysheid wat skuil in die dans van die Kwagga en die fluister van die wind. Neem ‘n reis na ‘n tyd toe die diere nog kon praat en die mense ‘n besondere verhouding met die natuur gehad het. Dwaal saam met diere en mense in ‘n tyd waar elke ding ‘n betekenis het, en waar die verbintenis met die natuur die grootste skat is.
Hierdie stories is nie net oor die diere nie, maar oor die erfenis en kultuur van die Sanmense wat die hart van hierdie unieke boek vorm.
Kom ontdek die geheime van mitologie, volksverhale en die ou Sangeskiedenis.
Illustrasies: Dedré Fouquet
Lapa, 2024