Sylvester, Ramkat van die Groot-Karoo en nog 21 lekkerlees legendes, ware verhale en staaltjies

In hierdie besonders geïllustreerde boek het meester storieverteller Wendy Maartens 22 Suid-Afrikaanse stories bymekaargemaak. Sommige is so deurleef soos die windverwaaide kontoere van Tafelberg. Ander is so splinternuut dat die vreugdevolle verwondering van nuusgebeure nog vlak lê. Lees oor die avonture van Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo, en ontdek hoe Job Maseko ‘n oorlogskip gesink het! Ontmoet vir Tyl Uilspieël en juig saam oor die seun wat kaalvoet deur ‘n oorlog gestap het. Hierdie versamelbundel is perfek vir voorlees of selflees. ‘n Fantastiese geskenk vir enige storieliefhebber!

 

Illustrasies deur Linki Brand

Lapa Uitgewers, 2019

Kategorieë:
Waar kan jy een van Wendy Maartens se boeke koop?

Wendy se boeke is beskikbaar by enige goeie boekwinkel. As jou gunsteling nie op die rak is nie, vra dat dit vir jou bestel word.