Hierdie omvangryke, pragtig geïllustreerde versameling klassieke Afrikaanse rympies beloof ure se pret vir jonk en oud! Daar is bekende versies en minder bekendes, tergrympies en raaiselrympies, volksliedjies en lawwe sêgoed, aksierympies en tongknopers, gebedjies en slaaptydrympies. Siembamba: Immergroen rympies vir kinders is beslis ’n moet-hê-boek vir elke Afrikaanse gesin se boekrak.
“Nerens maar nêrens op ons winkelrakke is ‘n boek met hierdie kosbaarhede nie. Dit hoort saam in een skatkis.“ ~ www.maroelamedia.co.za
Formaat: Hardeband
Grootte: 210mm x 280mm
Bladsye: 112
ISBN 978 0 7993 7057 7
Uitgewer: Lapa