Siembamba ek lees sing-sing self-boekpak

Dit is nou moontlik om sing-sing te leer lees. Ja, regtig. Sing-sing.

Die idee vir die nuutste boekpak in my ‘Ek lees self-reeks’ het in my gr. 3-klas ontstaan.

Ek het agtergekom ‘n paar leerders met leesprobleme haal graag my liedjieleêr uit die rak. Dan is daar beurte gemaak om met die wysvingertjie al op die woorde te sing.

Uiteindelik kliek Juffrou. Hierdie kinders beleef die heel eerste keer die vreugde van vlot en boonop stresvrye lees, want die liedjie ‘dra’ hulle.

Ná hierdie ontdekking het ons plesierige lees met ander tekssoorte ook probeer. Om glimlagte op gesiggies te sien wat net altyd onseker oor ‘n leesboek buk, is iets wat ek altyd sal koester.

‘Siembamba ek lees sing-sing self’ bevat 5 boekies met:

-volksliedjies en immergroen rympies

-tergrympies en tongknopers

-gebedjies en slaapliedjies en -rympies

-lekker lawwe sêgoed en rympies

-en effens langer gediggies en alfabetrympies

 

Illustreerder: Alzette Prins

Lapa Uitgewers, 2023

Kategorieë:
Waar kan jy een van Wendy Maartens se boeke koop?

Wendy se boeke is beskikbaar by enige goeie boekwinkel. As jou gunsteling nie op die rak is nie, vra dat dit vir jou bestel word.