Ons Dierestories

Boek 1: ‘n Drukkie vir Danser

Danser bly saam met sy familie in die vlei.
Die perde loop wild rond en is baie skaam. ‘n Fotograaf neem foto’s van hulle vir ‘n kalender. Die mense hou baie daarvan.
Eendag bring die fotograaf ‘n seuntjie in ‘n rolstoel saam.
Danser vergeet om skaam te wees.
Hy doen allerhande lawwe dinge om die seuntjie te laat glimlag.
Dit word ‘n spesiale dag en die seuntjie belowe om weer te kom kuier.

Boek 2: ‘n Plek vir Patat

Patat slaap elke aand styf teen Mamma in die berg.
Vroegoggend begin die hele trop bobbejane kos soek.
Partykeer is daar nie genoeg kos in die berg en op die strand nie.
Dan moet hulle dorp toe gaan.
‘n Kwaai man wil vir Patat en Mamma uit ‘n lukwartboom jaag.
Maar die vrou en dogtertjie wat daar woon, gee nie om dat hulle kom kuier nie.
Patat weet nou hulle het vriende in die dorp.

Boek 3: ‘n Deuntjie vir Druppel

Druppel baljaar saam met Mamma in die vlak water.
Die dolfyntjie maak vriende met Leila, ‘n dogtertjie wat saam met haar pa op ‘n branderplank ry.
Van toe af speel hulle elke oggend tog te lekker saam.
Een vreeslike oggend draai daar plastiek om Druppel en Mamma, en hulle spoel op die strand uit.
Leila kry hulle daar.
Sy en haar pa doen alles wat hulle kan om hulle nuwe vriende te red.

Boek 4: ‘n Wens vir Wiekie

Wiekie woon in ‘n sirkus.
Al is sy net ‘n welpie, begin die leeutemmer haar reeds toertjies leer.
Wiekie se hart is seer.
Sy wil nie soos Mamma toertjies doen en in ‘n hok wees nie.
Mamma vertel vir Wiekie dat hulle van Afrika kom en gebore is om vry te wees.
Hulle word uit die sirkus gered en na Suid-Afrika geneem.
Daar is Wiekie ry om boom te klim en in die gras te rol.

Ook beskikbaar in Engels as Our Animal Stories.

Illustreerder: Nikè Bekker

Pan Macmillan, 2025

Kategorieë:
Waar kan jy een van Wendy Maartens se boeke koop?

Wendy se boeke is beskikbaar by enige goeie boekwinkel. As jou gunsteling nie op die rak is nie, vra dat dit vir jou bestel word.