Die bundel vertel die verhale van:
• Klara Majola wat haar blinde pa een ysige nag in die Koue Bokkeveld gaan soek het
• Richard Simelane, ‘n mynwerker, wat 18 van sy makkers ná ‘n rotsstorting met sy kaal hande uitgegrawe het
• Pieter Koen, wat met sy lewe betaal het om vyf van sy skoolmaats in die Westdene-busramp te red
• Hector Pieterson, wat deur die polisie doodgeskiet is op 16 Julie 1976, die dag wat as Jeugdag gehuldig word
• Sultan, die herdershond, wat kopgehou en sy baas uit die kake van die dood gered het
• John Ross, ‘n 12-jarige knaap, wat 1000 km deur die wildernis gestap het om medisyne vir sy siek vriende te gaan haal
“As jy daardie verhale vir jou kind gelees het, behoort hy ‘n goeie idee te hê van wie hy is en waar sy wortels lê.” – Wendy Maartens in Die Burger
Illustrasies deur Alex van Houwelingen
Lapa Uitgewers, 2018