Wanneer jy aan die diere in die Bybel dink, wat kom eerste in jou gedagtes op? Is dit dalk die diere in Noag se ark, of miskien die donkie waarop Jesus by Jerusalem ingery het? Die Bybel is vol stories oor wonderlike diere!
Leer in 30 stories uit die Ou en Nuwe Testament oor al die fantastiese diere wat God gemaak het. Kom saam op ‘n prettige avontuur, en ontdek allerhande interessante feite oor diere, soos hoekom akkedisse soms hulle sterte verloor of hoekom donkies sulke groot ore het. Besige bytjies sal ook in elke storie ‘n oulike idioom leer wat deur die dier geïnspireer is, soos: Wat beteken dit as iemand sê jy sit soos ‘n koggelmander op ‘n klip?
In ‘n japtrap sal jy alles oor die diere in die Bybel leer!
Catherine Groenewald van Stellenbosch het gesorg vir die lieflike illustrasies.
Uitgegee deur Cum/Christian Art.
Ook beskikbaar as Animals of the Bible.