Die wandelende geraamte en ander spookstories van C.J. Langenhoven

“Ek was mal oor spoke.

Eintlik was ek ‘n soort spookwetenskaplike.

Oral waar ek gekom het, het ek spookstories bymekaar gemaak.

En nou is ek self ‘n spook … kan ‘n mens so gelukkig wees?”

~ C.J. Langenhoven

Hierdie bundel met 15 spookstories het ontstaan na aanleiding van ‘n gesoute bibliotekaresse se vreugde oor kinders wat ‘n ou hardebandbundel met Langenhoven se spookstories uit die grootmens-afdeling smokkel om in die kinderafdeling voos te lees… Die spookverhale is versigtig uitgekies en hervertel om by die oorspronklike teks aan te sluit, en terselfdertyd ook tot die kind van vandag te spreek.

In die voorwoord vertel Wendy van haar eie wedervaringe tydens die herskryf van die stories.

Daar is ook praktiese wenke vir ouers en onderwysers.

Marjorie van Heerden se illustrasies dra by tot ‘n onvergeetlike ervaring!

Illustreerder: Marjorie van Heerden

Protea, 2022

Kategorieë:
Waar kan jy een van Wendy Maartens se boeke koop?

Wendy se boeke is beskikbaar by enige goeie boekwinkel. As jou gunsteling nie op die rak is nie, vra dat dit vir jou bestel word.