Dagstukkies vir Klein Hartjies

Het jy geweet? God is so lief vir jou dat Hy jou naam in sy handpalm geskryf het, en niks kan dit uitvee nie.

Hy praat elke dag met jou. Soms fluister God diep in jou hart. Dan voel dit soos skoenlappervlerkies wat saggies roer. Ander kere stuur Hy vir jou ‘n boodskap met ‘n geel herfsblaar. Of Hy sing vir jou ‘n liedjie op die wysie van die wind. Hy kan selfs briefies met seemeeuspore in die sand skryf!

In Dagstukkies vir Klein Hartjies neem Wendy Maartens jong kinders op ‘n unieke ontdekkingstog deur die natuur om God se liede en sorg te ontdek en ‘n onontbeerlike deel van hul vormende geloofswêreld te maak.

Die allermooiste kunswerke deur Natalie en Tamsin Hinrichsen maak hierdie uitsonderlike boek nog spesialer vir klein hartjies.
Elkeen van die 50 dagstukkies het ‘n Bybelvers, iets om te doen, iets om oor te dink en ‘n gebedjie. Die muis wat in elke storie wegkruip, maak die boek op ‘n prettige manier interaktief en leer kinders om op detail te konsentreer.

Formaat: Hardeband
Grootte: 165 x 205 mm
Bladsye: 208

ISBN 978 1 4316 1323 6
Ook beskikbaar in Engels as: Daily Devotions for Little Hearts

Uitgewer: Christian Art Publishers (CUM)

Categories: ,
Waar kan jy een van Wendy Maartens se boeke koop?

Wendy se boeke is beskikbaar by enige goeie boekwinkel. As jou gunsteling nie op die rak is nie, vra dat dit vir jou bestel word.