Vertoon al 6 items
Rus jou kind met Psalms vir Kleingoed toe om al hul emosies teenoor God te kan uitstort.
Geliefde kinderboekskrywer Wendy Maartens het die mees gepaste psalms spesiaal vir kinders uitgesoek en gee hulle hier in kinders se eie taal weer.
Elke psalm of gedeelte van ‘n psalm is pragtig geïllustreer deur Zinelda McDonald.
Psalms vir kinders is ‘n aanwins op enige kind se boekrak en sal ‘n lewenslange liefde vir God se woord by jou kind kweek.
Illustreerder: Zinelda McDonald
Lux Verbi, 2023
Ontwikkel jou 5-8-jarige se syfervaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories!
Wendy Maartens kombineer 40 stories met aktiwiteite soos inkleur volgens nommers en soek die syfer. Besige lyfies sal ure se pret hê terwyl hulle leer van God se wêreld en sy liefde vir hulle!
Christian Art Kids, 2021
Ontwikkel jou 5-8-jarige se taalvaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories!
Wendy Maartens kombineer 26 stories met aktiwiteite soos soek die woorde en eenvoudige blokkiesraaisels. Besige lyfies sal ure se pret hê terwyl hulle meer leer van God se wêreld en sy liefde vir hulle!
Christian Art Kids, 2021
Ons het lank gewag vir ‘n Bybel vir 0 tot 3-jariges. My Eerste Bybel is outentiek en eg Afrikaans met 43 van die mees geliefde verhale uit die Ou en die Nuwe Testament. Net reg om kinders te help om die heel eerste treëtjies op hul eie geloofspad te gee
Illustrasies deur Honor Ayres
Lux Verbi, 2019
Die agtjarige Kerneels kuier graag saam met oom Sol, die veiligheidswag. Oom Sol leer hom van die Aandster en die Melkweg, Orion en die Skerpioen, en op Oukersaand wil Kerneels weet watter ster is die Betlehemster. “Ek dink hy het verskiet en in miljoene stukkies opgebreek,” sê oom Sol. “Elke stukkie het iewers in iemand se hart vasgesteek en help ons om mekaar lief te hê.”
Toe Kerneels wil weet of mens ‘n engel sal sien as jy in ‘n regte vuurpyl na die sterre toe gaan, lag oom Sol net. Maar op Kersoggend het hy ‘n verrassing vir Kerneels. Dis ‘n boodskap van ‘n engel …
Ook beskikbaar as Chris and the Christmas Angel.
Illustrasies deur Anneliese Voigt-Peters
Protea Boekhuis, 2017
Eight-year-old Chris loves spending time with Uncle Sol, the security guard. Uncle Sol teaches him about the Evening Star and the Milky Way, Orion and the Scorpion.
On Christmas Eve Chris wants to know which star is the Star of Bethlehem. “I think it became a shooting star and shattered into millions of tiny pieces. Every little piece got stuck somewhere in someone’s heart and this helps us to love one another,” Uncle Sol replies. When Chris wants to know if you will be able to see an angel if you go to the stars in an actual rocket, Uncle Sol just smiles. But on Christmas morning he has a surprise for Chris. It is a message from an angel …
Also available as Kerneels en die Krismisengel.
Illustrations by Anneliese Voigt-Peters
Protea, 2017