Showing 1–20 of 45 resultsSorted by latest
Jakkals en Wolf 2 – Nóg 6 stories van twee geliefde skarminkels.
Afrikaanse kinders word al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf.
Nou is daar ‘n tweede bundel met nog meer opwindende avonture van hierdie twee geliefde skarminkels.
In hierdie nuwe versameling van ses stories probeer Jakkals en Wolf mekaar nog al die pad uitoorlê, maar bly steeds die beste maats.
Hierdie nuwe bundel beloof om kinders weer te laat lag en te vermaak met die avonture van hierdie twee stouterds.
Illustreerder: Gerda Smit
Lapa Uitgewers, 2025
Die Bollie Alfabet- en dieretekenboek is spesiaal vir kleuters en beginnerlesers.
Die Bollie-reeks bied ‘n veilige, opvoedkundige en vermaaklike ervaring wat die ontwikkeling van voorskoolse en vroeë skoolgaande kinders ondersteun. Ouers vertrou Bollie om kwaliteittyd en waardevolle leergeleenthede vir hul kinders te bied, wat hulle help om selfversekerd en onafhanklik groot te word.
Die alfabet het 26 letters. Hulle is almal in hierdie boek!
Met watter letter begin jou naam? Hou jy van diere?
En hou jy daarvan om te teken? Dan is hierdie boek regtig iets vir jou!
Jy lees oor diere en jy leer hoe om hulle te teken.
Geniet dit!
Vertaal deur Wendy Maartens
Lapa Uitgewers, 2025
Die Bollie Getalle en babadiereboek is spesiaal vir kleuters en beginnerlesers.
Die Bollie-reeks bied ‘n veilige, opvoedkundige en vermaaklike ervaring wat die ontwikkeling van voorskoolse en vroeë skoolgaande kinders ondersteun. Ouers vertrou Bollie om kwaliteittyd en waardevolle leergeleenthede vir hul kinders te bied, wat hulle help om selfversekerd en onafhanklik groot te word.
Is jy lief vir babadiere?
Dan sal jy mal wees oor hierdie Bollie-boek!
Leer saam met Bollie oor diere, en bou saam legkaart.
Ontdek ook meer oor getalle in hierdie opwindende 2-in-1-aktiwiteitsboek.
Vertaal deur Wendy Maartens
Lapa Uitgewers, 2025
Die Bollie Somervakansieboek is spesiaal vir kleuters en beginnerlesers.
Die Bollie-reeks bied ‘n veilige, opvoedkundige en vermaaklike ervaring wat die ontwikkeling van voorskoolse en vroeë skoolgaande kinders ondersteun. Ouers vertrou Bollie om kwaliteittyd en waardevolle leergeleenthede vir hul kinders te bied, wat hulle help om selfversekerd en onafhanklik groot te word.
Jippie, dit is somervakansie!
Wat gaan jy doen? Lekker in die see swem?
Kamp en baie roomys eet?
Hierdie vakansieboek kan jy oral met jou neem.
Dit is propvol raaisels, stories en aktiwiteite!
Vertaal deur Wendy Maartens
Lapa Uitgewers, 2025
Omnibus 1: In hierdie fantastiese leesreeks, met pragtige illustrasies, vertel Wendy Maartens die klassieke dierestories in eenvoudige taal wat selfs die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker, en het dus baie goeie opvoekundige waarde.
6-in-1:
• Skilpad leer vlieg;
• Plaasmuis en stadsmuis;
• Haas en skilpad hardloop resies;
• Wolf dra skaapklere;
• Olifant en seekoei trek tou;
• Jakkals en kraai en die stuk kaas.
Illustreerder: Nicolene Louw
Lapa Uitgewers, 2025
Ek lees self Sigwoordboek
Wendy het die presiese resep, wat sy jare lank in haar klas gebruik het om sigwoorde mee vas te lê, neergeskryf. Dis maklik en sonder fieterjasies. Dit is spesiaal saamgestel om as ondersteunings-materiaal vir die ouers by die huis en die onderwyser in die klas te dien. Die boekie is ‘n samestelling van drie sigwoordboekies. Elke sigwoordboekie is gebaseer op ses boekies wat uit Wendy se Ek lees self-reeks kom.
>> Lees gerus meer hier
Omnibus 2: In hierdie fantastiese leesreeks, met pragtige illustrasies, vertel Wendy Maartens die klassieke dierestories in eenvoudige taal wat selfs die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker, en het dus baie goeie opvoekundige waarde.
6-in-1:
• Wolf vang vis;
• Jakkals en Wolf wil boer;
• Jakkals en Wolf wil trou;
• Jakkals en Wolf in boer se kraal;
• Jakkals en Wolf bou huis;
• Jakkals en Wolf en die klip.
Illustreerder: Chris Venter
Lapa Uitgewers, 2025
Ek lees self Sigwoordboek
Wendy het die presiese resep, wat sy jare lank in haar klas gebruik het om sigwoorde mee vas te lê, neergeskryf. Dis maklik en sonder fieterjasies. Dit is spesiaal saamgestel om as ondersteunings-materiaal vir die ouers by die huis en die onderwyser in die klas te dien. Die boekie is ‘n samestelling van drie sigwoordboekies. Elke sigwoordboekie is gebaseer op ses boekies wat uit Wendy se Ek lees self-reeks kom.
>> Lees gerus meer hier
Omnibus 3: In hierdie fantastiese leesreeks, met pragtige illustrasies, vertel Wendy Maartens die klassieke dierestories in eenvoudige taal wat selfs die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker, en het dus baie goeie opvoekundige waarde.
6-in-1:
• Rooi hen bak brood;
• Die drie rammetjies rof;
• Padda word kwaad;
• Muis red leeu se lewe;
• Die gans wat goue eiers kon lê;
• Sprinkaan leer werk.
Illustreerder: Zinelda McDonald
Lapa Uitgewers, 2025
Ek lees self Sigwoordboek
Wendy het die presiese resep, wat sy jare lank in haar klas gebruik het om sigwoorde mee vas te lê, neergeskryf. Dis maklik en sonder fieterjasies. Dit is spesiaal saamgestel om as ondersteunings-materiaal vir die ouers by die huis en die onderwyser in die klas te dien. Die boekie is ‘n samestelling van drie sigwoordboekies. Elke sigwoordboekie is gebaseer op ses boekies wat uit Wendy se Ek lees self-reeks kom.
>> Lees gerus meer hier
Patat slaap elke aand styf teen Mamma in die berg.
Vroegoggend begin die hele trop bobbejane kos soek.
Partykeer is daar nie genoeg kos in die berg en op die strand nie.
Dan moet hulle dorp toe gaan.
‘n Kwaai man wil vir Patat en Mamma uit ‘n lukwartboom jaag.
Maar die vrou en dogtertjie wat daar woon, gee nie om dat hulle kom kuier nie.
Patat weet nou hulle het vriende in die dorp.
Ook beskikbaar in Engels as A Place for Pickle.
Illustreerder: Nikè Bekker
Pan Macmillan, 2025
Wiekie woon in ‘n sirkus.
Al is sy net ‘n welpie, begin die leeutemmer haar reeds toertjies leer.
Wiekie se hart is seer.
Sy wil nie soos Mamma toertjies doen en in ‘n hok wees nie.
Mamma vertel vir Wiekie dat hulle van Afrika kom en gebore is om vry te wees.
Hulle word uit die sirkus gered en na Suid-Afrika geneem.
Daar is Wiekie ry om boom te klim en in die gras te rol.
Ook beskikbaar in Engels as A Wish for Whisper.
Illustreerder: Nikè Bekker
Pan Macmillan, 2025
Danser bly saam met sy familie in die vlei.
Die perde loop wild rond en is baie skaam. ‘n Fotograaf neem foto’s van hulle vir ‘n kalender. Die mense hou baie daarvan.
Eendag bring die fotograaf ‘n seuntjie in ‘n rolstoel saam.
Danser vergeet om skaam te wees.
Hy doen allerhande lawwe dinge om die seuntjie te laat glimlag.
Dit word ‘n spesiale dag en die seuntjie belowe om weer te kom kuier.
Ook beskikbaar in Engels as A Hug for Humbug.
Illustreerder: Nikè Bekker
Pan Macmillan, 2025
Druppel baljaar saam met Mamma in die vlak water.
Die dolfyntjie maak vriende met Leila, ‘n dogtertjie wat saam met haar pa op ‘n branderplank ry.
Van toe af speel hulle elke oggend tog te lekker saam.
Een vreeslike oggend draai daar plastiek om Druppel en Mamma, en hulle spoel op die strand uit.
Leila kry hulle daar.
Sy en haar pa doen alles wat hulle kan om hulle nuwe vriende te red.
Ook beskikbaar in Engels as A Song for Smiley.
Illustreerder: Nikè Bekker
Pan Macmillan, 2025
‘n Unieke inkleurboek wat fokus op idiome en gesegdes oor vriendskap, liefde en omgee.
Hierdie boek is ontwerp om kinders en selfs volwassenes, te inspireer om die waarde van liefde en vriendskap te vier.
Met pragtige illustrasies om in te kleur en betekenisvolle idiome om te ontdek, is hierdie boek perfek vir gebruik in die klaskamer, as ‘n geskenk, of as ‘n interessante gesprekspunt aan die etenstafel of rondom die braaivleisvuur. Of jy nou jou rymkletsvaardighede wil verbeter of net ‘n bietjie kreatiewe tyd wil geniet.
Illustreerder: Candiss Diamondis
Lapa Uitgewers, 2025
Lukas is bang vir die donker en vreemde geluide. Hy voel skaam wanneer hy nie soos sy maats op die groot wiel by die kermis wil ry nie. Met ‘n bietjie wysheid en leiding van sy pa, leer Lukas egter dat dit baie dapper kan wees om “nee” te sê. Hierdie oulike verhaal oor ‘n bang olifantjie leer kinders dat alle emosies belangrik is, en dat dapperheid vir almal anders lyk.
Ook in Engels beskikbaar as Liam lets his light shine.
Illustrasies: Alistair Ackermann
Pan Macmillan, 2024
Miekie is vandag kwaad. En hoe dan ook anders met ‘n irriterende boetie en maats wat haar terg. Maar Juffrou help haar op die regte pad. Miekie verf ‘n pragtige muurskildery wat nie net die skoolmuur ophelder nie, maar ook haar bui. Hierdie oulike verhaal oor ‘n vurige meerkatjie leer kinders dat alle emosies belangrik is. Die belangrikste is egter ons reaksie op hoe ons voel.
Ook in Engels beskikbaar as Chloe counts to ten.
Illustrasies: Alistair Ackermann
Pan Macmillan, 2024
Simon is hartseer omdat sy beste maat moes wegtrek. Hy is ook hartseer toe sy hondjie doodgaan en hy by die skool geboelie word. Met Mamma se hulp leer hy egter dat mens glad nie skaam hoef te voel om te huil nie. Wanneer hy ‘n nuwe stokperdjie kry, begin Simon sterker en minder alleen voel. Hierdie oulike verhaal oor ‘n hartseer leeutjie leer kinders dat alle emosies belangrik is, en dat moeilike situasies ons kan help om ons innerlike krag te ontdek.
Ook in Engels beskikbaar as Sello stands his ground.
Illustrasies: Alistair Ackermann
Pan Macmillan, 2024
Dit is Katryn se eerste dag by die nuwe skool. Sy voel bang en onseker, maar maak gou nuwe vriende. Katryn deel haar toebroodjies met ‘n klasmaat en red ‘n verskrikte duif. Hierdie oulike verhaal oor ‘n vriendelike en behulpsame sebratjie leer kinders dat alle emosies belangrik is, en dat ons in enige situasie empatie en respek kan betoon.
Ook in Engels beskikbaar as Gugu gets a star.
Illustrasies: Alistair Ackermann
Pan Macmillan, 2024
Ontdek die wonderlike wêreld van die Sanmense in hierdie asemrowende bundel kortverhale.
Wendy Maartens leer jou van die skerp wysheid wat skuil in die dans van die Kwagga en die fluister van die wind. Neem ‘n reis na ‘n tyd toe die diere nog kon praat en die mense ‘n besondere verhouding met die natuur gehad het. Dwaal saam met diere en mense in ‘n tyd waar elke ding ‘n betekenis het, en waar die verbintenis met die natuur die grootste skat is.
Hierdie stories is nie net oor die diere nie, maar oor die erfenis en kultuur van die Sanmense wat die hart van hierdie unieke boek vorm.
Kom ontdek die geheime van mitologie, volksverhale en die ou Sangeskiedenis.
Illustrasies: Dedré Fouquet
Lapa, 2024
Rus jou kind met Psalms vir Kleingoed toe om al hul emosies teenoor God te kan uitstort.
Geliefde kinderboekskrywer Wendy Maartens het die mees gepaste psalms spesiaal vir kinders uitgesoek en gee hulle hier in kinders se eie taal weer.
Elke psalm of gedeelte van ‘n psalm is pragtig geïllustreer deur Zinelda McDonald.
Psalms vir kinders is ‘n aanwins op enige kind se boekrak en sal ‘n lewenslange liefde vir God se woord by jou kind kweek.
Illustreerder: Zinelda McDonald
Lux Verbi, 2023
Dit is nou moontlik om sing-sing te leer lees. Ja, regtig. Sing-sing.
Die idee vir die nuutste boekpak in my ‘Ek lees self-reeks’ het in my gr. 3-klas ontstaan.
Ek het agtergekom ‘n paar leerders met leesprobleme haal graag my liedjieleêr uit die rak. Dan is daar beurte gemaak om met die wysvingertjie al op die woorde te sing.
Uiteindelik kliek Juffrou. Hierdie kinders beleef die heel eerste keer die vreugde van vlot en boonop stresvrye lees, want die liedjie ‘dra’ hulle.
Ná hierdie ontdekking het ons plesierige lees met ander tekssoorte ook probeer. Om glimlagte op gesiggies te sien wat net altyd onseker oor ‘n leesboek buk, is iets wat ek altyd sal koester.
‘Siembamba ek lees sing-sing self’ bevat 5 boekies met:
-volksliedjies en immergroen rympies
-tergrympies en tongknopers
-gebedjies en slaapliedjies en -rympies
-lekker lawwe sêgoed en rympies
-en effens langer gediggies en alfabetrympies
Illustreerder: Alzette Prins
Lapa Uitgewers, 2023
Afrikaanse kinders word al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf.
Jakkals probeer Wolf om elke hoek en draai ‘n streep trek, tog is hulle beste maats.
Beleef die opwindende avonture van hierdie twee geliefde skarminkels opnuut en lag saam oor dié twee se skreeusnaakse avonture.
Illustreerder: Gerda Smit
Lapa Uitgewers, 2023