Wendy Maartens
Nuusblad

‘n Storie met ❤ vir kinders met spraakprobleme

Hierdie verhaal is geïnspireer deur Wendy se persoonlike reis met een van haar gr. 3-leerders wat ernstige spraakprobleme ondervind het.

Maroela Media skryf: Jeremia en die amandelboom is gegrond op die Bybelse verhaal van Jeremia se roeping. In dié kleurvolle prenteboek word die storie van ‘n jong Jeremia vertel wat met spraak gesukkel het – totdat die Here hom aangeraak en ‘n amandeltak as belofte gewys het.

Nie net is hierdie storie pragtig en toeganklik deur Wendy Maartens geskryf nie, maar die boek bevat hulpbronne vir ouers en onderwysers om kinders te help met spraakontwikkeling.

Hierdie bemoedigende verhaal sal alle kinders wys dat hulle spesiaal is vir die Here en dat Hy hulle sal help en gebruik.

Dit het pas by Luca, ‘n druknaam van Lapa Uitgewers, verskyn.

Illustrasies: Nici Brockwell.

Jeremia en die Amandelboom

Jeremia is nie lief vir praat nie.

Elke keer wat sy pappa sê hy moet eendag ‘n priester word, word hy baie bang – hy sukkel dan so om te praat! Op ‘n dag hoor hy die Here se stem uit die amandelboom – en alles verander!

Behalwe vir ‘n pragtige storie bevat hierdie boek ook waardevolle hulpbronne vir ouers of onderwysers wat graag kinders met spraakprobleme wil help. Hierdie inligting is saamgestel met die hulp van kundiges in die bedryf.

Illustrasies deur Nici Brockwell

Lapa, 2021