Wendy Maartens
Nuusblad

Moedersdagkuier saam met Christine Ferreira en Lééf

Dinsdagoggend 9:10 gesels ek en Christine Ferreira, redaktrise van Lééf Tydskrif, oor ma’s en oumas en die spore wat hulle in ‘n mens se hart laat lank nadat hulle “deur die Jordaanrivier is” – soos my ouma Winnie altyd gesê het.

Skink ‘n koppie tee en kom kuier saam op Radio Kansel 657 AM, Kaapse Kansel 729 AM, of DSTV-kanaal 882.

Ons gesprek is ook beskikbaar op Radio Kansel se potgooie. Sien asseblief hieronder.