Jeremia en die amandelboom is die afgelope twee weke onder Luca se tien topverkopers. Dankie aan elke ouer, onderwyseres en spraakterapeut wat die boek aanskaf. Ek vertrou dat elke tydjie wat julle en die kinders in jul sorg met die boek deurbring, geseënd sal wees.
Jeremia en die Amandelboom
Jeremia is nie lief vir praat nie.
Elke keer wat sy pappa sê hy moet eendag ‘n priester word, word hy baie bang – hy sukkel dan so om te praat! Op ‘n dag hoor hy die Here se stem uit die amandelboom – en alles verander!
Behalwe vir ‘n pragtige storie bevat hierdie boek ook waardevolle hulpbronne vir ouers of onderwysers wat graag kinders met spraakprobleme wil help. Hierdie inligting is saamgestel met die hulp van kundiges in die bedryf.
Illustrasies deur Nici Brockwell
Lapa, 2021