Magdel Vorster gesels met Wendy Maartens: “Hoe mooi is dit om te sê iemand se wind het uitgewaai, sy hart het omgeval, as hy gesterf het? Die San glo boonop dat wanneer iemand sterf, sy hare wolke word, soos ook die voëls se vere – weliswaar nie wolke wat reën bring nie, bloot wolke wat verby sweef.”
Sankind Lees Die Wind
Ontdek die wonderlike wêreld van die Sanmense in hierdie asemrowende bundel kortverhale.
Wendy Maartens leer jou van die skerp wysheid wat skuil in die dans van die Kwagga en die fluister van die wind. Neem ‘n reis na ‘n tyd toe die diere nog kon praat en die mense ‘n besondere verhouding met die natuur gehad het. Dwaal saam met diere en mense in ‘n tyd waar elke ding ‘n betekenis het, en waar die verbintenis met die natuur die grootste skat is.
Hierdie stories is nie net oor die diere nie, maar oor die erfenis en kultuur van die Sanmense wat die hart van hierdie unieke boek vorm.
Kom ontdek die geheime van mitologie, volksverhale en die ou Sangeskiedenis.
Illustrasies: Dedré Fouquet
Lapa, 2024