Wendy Maartens
Nuusblad

Langenhoven se spookstories in ‘n splinternuwe gedaante!

Waar het jy al ‘n bundel spookstories gekry met ‘n handleiding vir ouers en onderwysers?
Hier! 😊  Want Wendy was ‘n onderwyseres wat weet hoe huiwerig ouers (ook met goeie rede) soms is om kinders aan spookstories bloot te stel.
En hoe dikwels onderwysers opdraand kry omdat hulle spookstories in die klas behandel.
Die spoke in hierdie boek is nie vandag se kinders nie!
Die stories is die eerste keer in 1933 gepubliseer.
Lees, geniet en grilll tot jou asem wil wegslaan.
En dan begin jy weer van voor af.
❤️

Die wandelende geraamte en ander spookstories van C.J. Langenhoven

“Ek was mal oor spoke.

Eintlik was ek ‘n soort spookwetenskaplike.

Oral waar ek gekom het, het ek spookstories bymekaar gemaak.

En nou is ek self ‘n spook … kan ‘n mens so gelukkig wees?”

~ C.J. Langenhoven

Hierdie bundel met 15 spookstories het ontstaan na aanleiding van ‘n gesoute bibliotekaresse se vreugde oor kinders wat ‘n ou hardebandbundel met Langenhoven se spookstories uit die grootmens-afdeling smokkel om in die kinderafdeling voos te lees… Die spookverhale is versigtig uitgekies en hervertel om by die oorspronklike teks aan te sluit, en terselfdertyd ook tot die kind van vandag te spreek.

In die voorwoord vertel Wendy van haar eie wedervaringe tydens die herskryf van die stories.

Daar is ook praktiese wenke vir ouers en onderwysers.

Marjorie van Heerden se illustrasies dra by tot ‘n onvergeetlike ervaring!

Illustreerder: Marjorie van Heerden

Protea, 2022