Oudtshoorn se bougainvilleas en sonsondergange is nog net so mooi soos toe ek ‘n eerstejaar onderwysstudent was.
Dankie aan elkeen wat gehelp het om vandag ‘n besondere dag by die KKNK te maak.
Elna van der Merwe van Huisgenoot dankie vir die lieflike manier waarop jy die gesprek oor Sankind lees die Wind in die Netwerk24- feeskafee gelei het. Dankie Nadine Petrick, LAPA Uitgewers en Penguin Random House SA vir al die reëlings.
Om ‘n boek die wêreld in te stuur is ‘n spanpoging.
Wéét dat ek julle waardeer.
Sankind Lees Die Wind
Ontdek die wonderlike wêreld van die Sanmense in hierdie asemrowende bundel kortverhale.
Wendy Maartens leer jou van die skerp wysheid wat skuil in die dans van die Kwagga en die fluister van die wind. Neem ‘n reis na ‘n tyd toe die diere nog kon praat en die mense ‘n besondere verhouding met die natuur gehad het. Dwaal saam met diere en mense in ‘n tyd waar elke ding ‘n betekenis het, en waar die verbintenis met die natuur die grootste skat is.
Hierdie stories is nie net oor die diere nie, maar oor die erfenis en kultuur van die Sanmense wat die hart van hierdie unieke boek vorm.
Kom ontdek die geheime van mitologie, volksverhale en die ou Sangeskiedenis.
Illustrasies: Dedré Fouquet
Lapa, 2024