Showing 61–62 of 62 results

Wys meer opsies

Waarom Kameelperd se nek so lank is en ander dierestories

Waarom lag Tarentaal so lekker? Waarom is Volstruis se nek so lank? Waarom kom Uil net snags uit? Waarom is Leeu en Vlakvark kwaaivriende? Waarom het Bobbejaan ‘n sekelstert?

In hierdie prettige storieboek vertel Wendy ‘n paar van die lekkerste volksverhale uit ons Afrika-diereryk, op haar kenmerkende toeganklike, humoristiese manier. Die 25 stories is perfek vir voorlees en selflees – en is ‘n besliste moet-hê-item op elke kind se boekrak!

Formaat: Hardeband

Grootte: 210 x 280mm

Bladsye: 106

ISBN: 978 0 7993 7397 4

Uitgewer: Lapa

Siembamba: Immergroen rympies vir kinders

Hierdie omvangryke, pragtig geïllustreerde versameling klassieke Afrikaanse rympies beloof ure se pret vir jonk en oud! Daar is bekende versies en minder bekendes, tergrympies en raaiselrympies, volksliedjies en lawwe sêgoed, aksierympies en tongknopers, gebedjies en slaaptydrympies. Siembamba: Immergroen rympies vir kinders is beslis ’n moet-hê-boek vir elke Afrikaanse gesin se boekrak.

Nerens maar nêrens op ons winkelrakke is ‘n boek met hierdie kosbaarhede nie. Dit hoort saam in een skatkis.“ ~ www.maroelamedia.co.za

Formaat: Hardeband

Grootte: 210mm x 280mm

Bladsye: 112

ISBN 978 0 7993 7057 7

Uitgewer: Lapa