Wys meer opsies

Haas en Skilpad hardloop resies

‘n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee! Die Ek lees self-reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Die prettige stories sal ure se leesvermaak verskaf. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.   Woorde wat in die storie gebruik word, word onderaan elke bladsy herhaal en met sketse toegelig. Net die ding vir goeie vaslegging!

Illustrasies:
Nicolene Louw

Uitgewer:
Lapa Uitgewers

Jakkals en Kraai en die stuk kaas

‘n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee! Die Ek lees self-reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Die prettige stories sal ure se leesvermaak verskaf. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.   Woorde wat in die storie gebruik word, word onderaan elke bladsy herhaal en met sketse toegelig. Net die ding vir goeie vaslegging!

Illustrasies:
Nicolene Louw

Uitgewer:
Lapa Uitgewers

Skilpad leer vlieg

‘n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee! Die Ek lees self-reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Die prettige stories sal ure se leesvermaak verskaf. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.   Woorde wat in die storie gebruik word, word onderaan elke bladsy herhaal en met sketse toegelig. Net die ding vir goeie vaslegging!

Illustrasies:
Nicolene Louw

Uitgewer:
Lapa Uitgewers

My eerste Bybel

Ons het lank gewag vir ‘n Bybel vir 0 tot 3-jariges. My Eerste Bybel is outentiek en eg Afrikaans met 43 van die mees geliefde verhale uit die Ou en die Nuwe Testament. Net reg om kinders te help om die heel eerste treëtjies op hul eie geloofspad te gee

 

Illustrasies deur Honor Ayres

Lux Verbi, 2019

Max die dapper gorilla en ander ware dierestories

Ontmoet ‘n paar oulike en dapper diere van regoor die wêreld!
Vind uit hoe Max die gorilla ‘n skelm vasgetrek het.
Kom stap saam met Huberta die seekoei op haar lang reis.
Ontmoet ‘n beer wat sy lyf soldaat hou.
Leer saam met Noodle hoe om ‘n vlermuis te wees.
Gaps saam met ‘n bobbejaan verjaardagkoek.
En vind uit hoe ‘n doodgewone Chinese otjie ‘n aardbewing oorleef het en wêreldberoemd geword het!

 

Illustrasies deur Alex van Houwelingen

Lapa Uitgewers, 2018

Die leeu wat drukkies gee en ander ware dierestories

Alex van Houwelingen se illustrasies sal jou tone laat krul van pure plesier.

Ontdek ook die ongelooflike verhaal van Just Nuisance, ‘n hond wat lid van die vloot was.
Ontmoet vir Cuddles, ‘n oulike gidsperdjie wat blinde mense help – en tekkies dra!
Ontdek hoe Knersus, die hond, twee inbrekers op ‘n kas gevange gehou het.
Vind uit hoe Lulu, die boepensvark, haar ounooi se lewe gered het.
Ontdek hoe Humphrey, die walvis, verdwaal en weer sy pad na vryheid gevind het.
En ontsnap saam met Salty, die gidshond, en sy baas uit die Twin Towers!

 

Illustrasies deur Alex van Houwelingen

Lapa Uitgewers, 2018

Jock van die Bosveld en ander ware dierestories

Jock van die Bosveld bevat ses asemrowende dierestories van dapper en interessante diere regoor die wêreld. Litnet berig as volg: “Die stories word op ‘n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak”.

Ontdek die wonderlike ware verhaal van Jock, die Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het, leer ken ‘n brilpikkewyn met die naam Gregory Peck, wat die geselskap van mense bo die van pikkewyne verkies het en vind uit wat gebeur wanneer ‘n donkie sy lyf ambulans hou.

Ontmoet ook die ware verhaal van die wonderbaarlike vriendskap tussen twee troetelvisse Big Red en Blackie.

Om nie te praat van die merkwaardige verhaal van ‘n katjie wat op ‘n dag in die ysbeerpoel van ‘n dieretuin beland het – en deur een van die gevaarlike bere gered is!

 

Illustrasies deur Alex van Houwelingen

Lapa Uitgewers, 2018

Helde van Suid-Afrika – Boek 3

Hierdie lekkerlees-bundel stel jou voor aan nog 6 van die dapperste helde van Suid-Afrika! Van emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu wat ons reënboognasie inspireer, die helde van die Laingsburgvloed tot Enoch Sontonga, wie se hartslied vandag nog in ons land se volkslied voortleef.

Stap ook saam met die slavin Emilie Lehn op haar lang pad na vryheid. Ontdek hoe ‘n 11-jarige kaalvoetseun 100 jaar gelede van Bloemfontein tot in die Kaap dwarsdeur ‘n oorlog gestap het op soek na sy pa – en hom gevind het.

‘n Boer maak mos ‘n plan!

En ontdek die kleinste brakkie met die grootste hart wat deur die Dierebeskermingsvereniging vir dapperheid vereer is.

 

Illustrasies deur Alex van Houwelingen

Lapa Uitgewers, 2018

Helde van Suid-Afrika – Boek 2

Die bundel vertel die verhale van:

• Klara Majola wat haar blinde pa een ysige nag in die Koue Bokkeveld gaan soek het

• Richard Simelane, ‘n mynwerker, wat 18 van sy makkers ná ‘n rotsstorting met sy kaal hande uitgegrawe het

• Pieter Koen, wat met sy lewe betaal het om vyf van sy skoolmaats in die Westdene-busramp te red

• Hector Pieterson, wat deur die polisie doodgeskiet is op 16 Julie 1976, die dag wat as Jeugdag gehuldig word

• Sultan, die herdershond, wat kopgehou en sy baas uit die kake van die dood gered het

• John Ross, ‘n 12-jarige knaap, wat 1000 km deur die wildernis gestap het om medisyne vir sy siek vriende te gaan haal

“As jy daardie verhale vir jou kind gelees het, behoort hy ‘n goeie idee te hê van wie hy is en waar sy wortels lê.” – Wendy Maartens in Die Burger

 

Illustrasies deur Alex van Houwelingen

Lapa Uitgewers, 2018

Helde van Suid-Afrika – Boek 1

Ontmoet ses van die dapperste helde van Suid-Afrika. Van oudpresident Nelson Mandela wat ons reënboognasie na vryheid gelei het tot dapper Wolraad Woltemade wat matrose op ‘n sinkende skip gered het.

Asook:

  • ‘n Perd van ‘n ander kleur
  • Die matriekheld van Henley-on-Klip
  • Nkosi Johnson veg vir hoop
  • Japie Greyling swyg

 

Illustrasies deur Alex van Houwelingen

Lapa Uitgewers, 2018

Stories van die see

Stories van die see is ’n versameling seestories van regoor die wêreld – van “Hans en die gaatjie” in Haarlem tot die voëlnesplukkers Adhi en Sinta in die Ooste. Maar daar is ook heelwat plaaslike verhale oor die Birkenhead-bevel, “Die Vlieënde Hollander”, die Alibama, Wolraad Woltemade, die Gat-in-die-Muur by esiKhaleni waar die watermense jou kom haal, “Die spoke van Jutteneiland”, “Adamastor en die Kaap van Storms” en die skaapwagtertjie van Macassar wat Sjeg Joesoef se graf tussen die duine gevind het. Stories van die see bevat verwerkings van The Little Mermaid en die verhaal van Prinses Elisa en haar elf swane-broers, asook die Weskusboer Koos Malgas wat sy robvrou se vel gesteel het. En natuurlik kul Hasie vir Soutwaterkrokodil. Saam met die pragtige illustrasies van Marjorie van Heerden sal Stories van die see ’n klein lesertjie wegvoer na ’n magiese seestoriewêreld.

Hierdie publikasie is ook beskikbaar in Engels, Sea Stories.

 

Illustrasies deur Marjorie van Heerden

Protea Boekhuis, 2016

Sea Stories

Sea Stories is a collection of stories from around the world – from “Hans and the hole” in Haarlem to the harvesters of bird nests Adhi and Sinta in the East. But there are also many local stories about the Birkenhead Command, “The Flying Dutchman”, the Alibama, Wolraad Woltemade, the Hole-in-the-Wall at esiKhaleni where the water people come to fetch you, “The ghosts of Jutten Island”, “Adamastor and the Cape of Storms” and the shepherd from Macassar who found Sheik Yusuf’s grave amongst the dunes. Sea Stories also contains adaptations of The Little Mermaid, the tale of Princess Elisa and her eleven swan brothers, and the West Coast farmer Koos Malgas who stole his wife’s seal skin. And of course Hare tricks Salt Water Crocodile. The charming illustrations by Marjorie van Heerden will carry a little reader away to a magical world full of oceanic wonder.

This publication is also available in Afrikaans, Stories van die see.

Illustrations by Marjorie van Heerden

Protea, 2016

Wonderlike ware dierestories

Slyp die tande, spits die ore en krul die snorbaarde vir Wendy Maartens se boek Wonderlike ware Dierestories.

Maak kennis met Jock, die beroemdste hond wat ooit in die Bosveld gebly het. Volg Huberta die seekoei op haar verstommende staproete. Ontmoet Max die gorilla wat `n skurk vasgetrek het. En skud poot met Just Nuisance, die matrooshond wat soldate tydens die Tweede Wêreloorlog geïnspireer het. Van slim diere tot dapper diere – en selfs diere wat wêreldberoemd geword het! Die 31 stories in hierdie bundel sal jou met nuwe oë na ons geveerde en vierpotige vriende laat kyk.

Hierdie boek is`n heerlike leeservaring.” ~ Jaco Jacobs

Hierdie is nou regtig ‘n lekker boek om vir kinders te gee om te lees- diere hou nou maar eenmaal ‘n spesiale bekoring vir die meeste van ons in; en waar hierdie nou WARE stories is oor diere wat werklik gebeur het, maak dit die boek soveel te meer interessant. Just Nuisance is die seemanne se hond wat my altyd bekoor; wat van ‘n perd wat kan lees en tel, ‘n troetelslang wat ‘n dief geflous het; die dapper Jock van die Bosveld; ‘n beer wat soldaat word; ‘n gorilla wat ‘n skurk vang en dan lees ons selfs ook van beroemdes en hulle troeteldiere. ‘n Bronnelys word aangeheg. Regtig ‘n nuttige en leersame en lekker-lees boek!
Lorna Gericke

Wendy het hoog en diep gesoek na stories om die belofte van die titel, “wonderlike ware stories” gestand te doen. Om die boek te lees is soos om grondboontjies te eet. Jy is altyd lus vir nog meer.
Solette Scheeres in Maandblad Zuid-Afrika

 

Illustrasies deur Johann Strauss

Lapa Uitgewers, 2013 – 2021

Nicole en Appelliefie – Die heel beste geskenk

Pappa neem vir Nicole stad toe om haar verjaarsdag te vier. Hy koop vir haar blinkertjie-sandale en ‘n ballon, en dan gaan eet hulle roomys by die fontein. Hier ontdek hulle ‘n beseerde gansie en neem haar saam huis toe. Al die bure help om die gansie gesond te kry en sommer gou kruip Appelliefie diep in almal se harte.

Maar op ‘n dag is Appelliefie skoonveld.

Nicole voel of haar hart wil breek.

Sal sy Appelliefie ooit weer sien?

Ook beskikbaar as e-boek

 

Illustrasies deur Yolandi Prins

Pan Macmillan Kinderboeke, 2020

Nicole en Appelliefie – Die nuwe maat

Nicole en Pappa is mal oor hulle nuwe buurt en hulle het reeds ‘n klomp vriende gemaak, maar Nicole het steeds nie ‘n BESTE maat nie.

Dan kom Zintle huis toe vir die skoolvakansie. Al is sy blind, kan sy ‘n klomp dinge self doen.

Met Pappa se hulp bou die twee maats vir Appelliefie ‘n dam. Maar dan kry hulle stry, en asof dit nie genoeg is nie, is daar ook ‘n droogte in die land.

Sal hulle weer maats kan wees en hoe gaan hulle genoeg water kry om die dam vol te maak?

Ook beskikbaar as e-boek

 

Illustrasies deur Yolandi Prins

Pan Macmillan Kinderboeke, 2020

Kerneels en die Krismisengel

Die agtjarige Kerneels kuier graag saam met oom Sol, die veiligheidswag. Oom Sol leer hom van die Aandster en die Melkweg, Orion en die Skerpioen, en op Oukersaand wil Kerneels weet watter ster is die Betlehemster. “Ek dink hy het verskiet en in miljoene stukkies opgebreek,” sê oom Sol. “Elke stukkie het iewers in iemand se hart vasgesteek en help ons om mekaar lief te hê.”

Toe Kerneels wil weet of mens ‘n engel sal sien as jy in ‘n regte vuurpyl na die sterre toe gaan, lag oom Sol net. Maar op Kersoggend het hy ‘n verrassing vir Kerneels. Dis ‘n boodskap van ‘n engel …

Ook beskikbaar as Chris and the Christmas Angel.

 

Illustrasies deur Anneliese Voigt-Peters

Protea Boekhuis, 2017

Chris and the Christmas Angel

Eight-year-old Chris loves spending time with Uncle Sol, the security guard. Uncle Sol teaches him about the Evening Star and the Milky Way, Orion and the Scorpion.

On Christmas Eve Chris wants to know which star is the Star of Bethlehem. “I think it became a shooting star and shattered into millions of tiny pieces. Every little piece got stuck somewhere in someone’s heart and this helps us to love one another,” Uncle Sol replies. When Chris wants to know if you will be able to see an angel if you go to the stars in an actual rocket, Uncle Sol just smiles. But on Christmas morning he has a surprise for Chris. It is a message from an angel …

Also available as Kerneels en die Krismisengel.

Illustrations by Anneliese Voigt-Peters

Protea, 2017

Towertapyt

Kom reis saam op ‘n towertapyt en ontdek kinders van regoor die wêreld se gunsteling-stories.

Vind uit waarom Dassie nie ‘n stert het nie (Suid-Afrika), word opnuut bekoor deur die geliefde sprokie van Doringrosie (Frankryk), kom stap saam met die drie Rammetjies Rof oor die nare ou trol se brug (Noorweë) en vind uit wat gebeur wanneer drie blinde mans op ‘n dag ‘n olifant teëkom (Indië).

In hierdie pragtige geïllustreerde boek het die meester-storieverteller Wendy Maartens 33 klassieke stories bymekaargemaak wat al eeue lank in verskillende lande vertel word. Daar is stories uit elke uithoek van die wêreld – van Duitsland tot Denemarke, Italië tot Israel, Egipte tot Groenland.

Perfek vir voorlees of selflees. ‘n Fantastiese geskenk vir enige jong storieliefhebber!

Towertapyt word deur Lapa uitgegee.

Waarom Kameelperd se nek so lank is en ander dierestories

Waarom lag Tarentaal so lekker? Waarom is Volstruis se nek so lank? Waarom kom Uil net snags uit? Waarom is Leeu en Vlakvark kwaaivriende? Waarom het Bobbejaan ‘n sekelstert?

In hierdie prettige storieboek vertel Wendy ‘n paar van die lekkerste volksverhale uit ons Afrika-diereryk, op haar kenmerkende toeganklike, humoristiese manier. Die 25 stories is perfek vir voorlees en selflees – en is ‘n besliste moet-hê-item op elke kind se boekrak!

Formaat: Hardeband

Grootte: 210 x 280mm

Bladsye: 106

ISBN: 978 0 7993 7397 4

Uitgewer: Lapa