Showing 1–20 of 58 results

Wys meer opsies

Sankind Lees Die Wind

Ontdek die wonderlike wêreld van die Sanmense in hierdie asemrowende bundel kortverhale.

Wendy Maartens leer jou van die skerp wysheid wat skuil in die dans van die Kwagga en die fluister van die wind. Neem ‘n reis na ‘n tyd toe die diere nog kon praat en die mense ‘n besondere verhouding met die natuur gehad het. Dwaal saam met diere en mense in ‘n tyd waar elke ding ‘n betekenis het, en waar die verbintenis met die natuur die grootste skat is.

Hierdie stories is nie net oor die diere nie, maar oor die erfenis en kultuur van die Sanmense wat die hart van hierdie unieke boek vorm.

Kom ontdek die geheime van mitologie, volksverhale en die ou Sangeskiedenis.

Illustrasies: Dedré Fouquet

Lapa, 2024

Psalms vir Kleingoed

Rus jou kind met Psalms vir Kleingoed toe om al hul emosies teenoor God te kan uitstort.

Geliefde kinderboekskrywer Wendy Maartens het die mees gepaste psalms spesiaal vir kinders uitgesoek en gee hulle hier in kinders se eie taal weer.

Elke psalm of gedeelte van ‘n psalm is pragtig geïllustreer deur Zinelda McDonald.

Psalms vir kinders is ‘n aanwins op enige kind se boekrak en sal ‘n lewenslange liefde vir God se woord by jou kind kweek.

Illustreerder: Zinelda McDonald

Lux Verbi, 2023

Siembamba ek lees sing-sing self-boekpak

Dit is nou moontlik om sing-sing te leer lees. Ja, regtig. Sing-sing.

Die idee vir die nuutste boekpak in my ‘Ek lees self-reeks’ het in my gr. 3-klas ontstaan.

Ek het agtergekom ‘n paar leerders met leesprobleme haal graag my liedjieleêr uit die rak. Dan is daar beurte gemaak om met die wysvingertjie al op die woorde te sing.

Uiteindelik kliek Juffrou. Hierdie kinders beleef die heel eerste keer die vreugde van vlot en boonop stresvrye lees, want die liedjie ‘dra’ hulle.

Ná hierdie ontdekking het ons plesierige lees met ander tekssoorte ook probeer. Om glimlagte op gesiggies te sien wat net altyd onseker oor ‘n leesboek buk, is iets wat ek altyd sal koester.

‘Siembamba ek lees sing-sing self’ bevat 5 boekies met:

-volksliedjies en immergroen rympies

-tergrympies en tongknopers

-gebedjies en slaapliedjies en -rympies

-lekker lawwe sêgoed en rympies

-en effens langer gediggies en alfabetrympies

 

Illustreerder: Alzette Prins

Lapa Uitgewers, 2023

Jakkals & Wolf – Ses lekkerlag-stories van twee geliefde skarminkels!

Afrikaanse kinders word al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf.

Jakkals probeer Wolf om elke hoek en draai ‘n streep trek, tog is hulle beste maats.

Beleef die opwindende avonture van hierdie twee geliefde skarminkels opnuut en lag saam oor dié twee se skreeusnaakse avonture.

Illustreerder: Gerda Smit

Lapa Uitgewers, 2023

Engele om ons ~ Alles-in-een-joernaal

Engele om ons. Engele langs ons. Engele in ons.

Engele hou wag oor jou in goeie en slegte tye.

Hulle vou hul vlerke saggies om jou en fluister dat jy geliefd en geseënd is.

Hierdie pragtige joernaal vir meisies is ‘n skatkis vol wonderlike dinge om te lees en ontdek en te doen.

Beplan jou kwartaal, skryf jou gedagtes neer en leer meer oor God en sy engele.

Illustreerder: Maggie de Vos

Lapa, 2022

Ek lees self Sigwoordboek

Wendy het die presiese resep, wat sy jare lank in haar klas gebruik het om sigwoorde mee vas te lê, neergeskryf. Dis maklik en sonder fieterjasies. Dit is spesiaal saamgestel om as ondersteuningsmateriaal vir die ouers by die huis en die onderwyser in die klas te dien.

Die boekie is ‘n samestelling van drie sigwoordboekies. Elke sigwoordboekie is gebaseer op ses boekies wat uit Wendy se Ek lees self-reeks kom.

Sigwoordboek 1: Skilpad leer vlieg, Plaasmuis en stadsmuis, Haas en skilpad hardloop resies, Wolf dra skaapklere, Olifant en seekoei trek tou, Jakkals en kraai en die stuk kaas

Sigwoordboek 2: Jakkals en Wolf vang vis, Jakkals en Wolf wil boer, Jakkals en Wolf wil trou, Jakkals en Wolf in boer se kraal, Jakkals en Wolf bou huis, Jakkals en Wolf en die klip

Sigwoordboek 3: Rooi hen bak brood, Die drie rammetjies rof, Padda word kwaad, Muis red leeu se lewe, Die gans wat goue eiers kon lê, Sprinkaan leer werk

Interessante feit: Die sigwoordboekie kan ook onafhanklik van die leesreeks gebruik word.

Lapa, 2022

My hart is oppi plaas! idioom- & gesegde-inkleurboek

Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse idiome en gesegdes, elk met interessante feite oor plaasdiere en volg op die gewilde ROOIMIERE-IN-DIE-BROEK-IDIOOM-INKLEURBOEK!

Maak die potlode skerp. Skiet daai doppies van die merkpenne af. Lê op ‘n baal, sit agterstevoor op ‘n trekker, klim op na die solder in die skuur, of gooi ‘n kombersie oop onder ‘n boom. Die tyd het aangebreek. Kom ons kleur in!

Illustreerder: Linki Brand

Lapa, 2022

Die wandelende geraamte en ander spookstories van C.J. Langenhoven

“Ek was mal oor spoke.

Eintlik was ek ‘n soort spookwetenskaplike.

Oral waar ek gekom het, het ek spookstories bymekaar gemaak.

En nou is ek self ‘n spook … kan ‘n mens so gelukkig wees?”

~ C.J. Langenhoven

Hierdie bundel met 15 spookstories het ontstaan na aanleiding van ‘n gesoute bibliotekaresse se vreugde oor kinders wat ‘n ou hardebandbundel met Langenhoven se spookstories uit die grootmens-afdeling smokkel om in die kinderafdeling voos te lees… Die spookverhale is versigtig uitgekies en hervertel om by die oorspronklike teks aan te sluit, en terselfdertyd ook tot die kind van vandag te spreek.

In die voorwoord vertel Wendy van haar eie wedervaringe tydens die herskryf van die stories.

Daar is ook praktiese wenke vir ouers en onderwysers.

Marjorie van Heerden se illustrasies dra by tot ‘n onvergeetlike ervaring!

Illustreerder: Marjorie van Heerden

Protea, 2022

Ek lees self-reeks bokspakke

Wendy se gewilde Ek lees self-reeks is nou beskikbaar – netjies verpak in 3 pragtige bokspakke.

Genoeg om enige beginnerleser nie net opgewonde te maak nie, maar ook trots op sy/haar eie klein bibliotekie!

Help jou kind om die groot wêreld woord vir woord met vreugde te oorwin. ❤️

Kyk hieronder na die 18 boeke waaruit die 3 bokspakke bestaan. Die boeke kan ook apart gekoop word. 

  • Ek lees self 1 Skilpad leer vlieg
  • Ek lees self 2 Plaasmuis en stadsmuis
  • Ek lees self 3 Haas en skilpad hardloop resies
  • Ek lees self 4 Wolf dra skaapklere
  • Ek lees self 5 Olifant en seekoei trek tou
  • Ek lees self 6 Jakkals en kraai en die stuk kaas
  • Ek lees self 7 Jakkals en Wolf vang vis
  • Ek lees self 8 Jakkals en Wolf wil boer
  • Ek lees self 9 Jakkals en Wolf wil trou
  • Ek lees self 10 Jakkals en Wolf in boer se kraal
  • Ek lees self 11 Jakkals en Wolf bou huis
  • Ek lees self 12 Jakkals en Wolf en die klip
  • Ek lees self 13 Rooi hen bak brood
  • Ek lees self 14 Die drie rammetjies rof
  • Ek lees self 15 Padda word kwaad
  • Ek lees self 16 Muis red leeu se lewe
  • Ek lees self 17 Die gans wat goue eiers kon lê
  • Ek lees self 18 Sprinkaan leer werk

 

Illustrasies deur Nicolene Louw, Chris Venter en Zinelda McDonald

Lapa, 2022

Elephant’s Big Secret and 19 other fantastic fables

This cheerful collection contains 20 fantastic animal fables, each of which includes valuable wisdom for children in a unique way and how values can be applied in everyday life.

Donkey’s Long Walk to Town conveys the message that one can never satisfy everyone. Bat, Bramble and Seagull Have a Meeting contributes to the idea that rather than only focussing on what you lack you should appreciate what you have. In Gnat Takes On Lion, the wisdom is shared that no one is so invincible that you can never be defeated. Beetle Puts Eagle in His Place shows that, given the courage, even if you are small there is always a way to stand up to a bully. These are just a few examples from this collection of gifted, shy, cheerful, scared, angry and brave animals.

What does Mrs Crab want to brag about? What is Elephant’s Big Secret? Did Hare outsmart the bullies?

Don’t wait any longer to find out!

Illustrator: Shayna Olivier

Penguin Random House, 2021

Donkie se lang pad dorp toe en 19 ander fantastiese fabels

Hierdie vrolike bundel bevat 20 fabelagtige diereverhale wat elkeen op ‘n unieke manier ‘n waardevolle lewenswysheid vir kinders insluit en wys hoe waardes in die alledaagse lewe toegepas kan word.

Donkie se lang pad dorp toe dra die boodskap oor dat ‘n mens nooit almal tevrede kan stel nie. “Vlermuis, Braambos en Seemeeu hou vergadering” dra by tot die idee dat mens nie net moet dink aan wat jy kort nie, maar dat jy moet waardeer wat jy het. “Muggie sien kans vir Leeu” bevat die wysheid dat niemand so sterk is dat hy nooit kan verloor nie. “Tor sit Arend op sy plek” gee weer moed dat daar altyd ‘n manier is om ‘n boelie op sy plek te sit, al is jy klein…

Hierdie is maar enkele voorbeelde uit hierdie bundel propvol gawe, skaam, vrolike, bang, kwaai en brawe diere. Waaroor wil Mevrou Krap spog? Wat is Olifant se geheim? Het Haas toe die boelies uitoorlê?

Moenie langer wag om uit te vind nie!

Illustrasies deur Shayna Olivier

Lapa, 2021

Jeremia en die Amandelboom

Jeremia is nie lief vir praat nie.

Elke keer wat sy pappa sê hy moet eendag ‘n priester word, word hy baie bang – hy sukkel dan so om te praat! Op ‘n dag hoor hy die Here se stem uit die amandelboom – en alles verander!

Behalwe vir ‘n pragtige storie bevat hierdie boek ook waardevolle hulpbronne vir ouers of onderwysers wat graag kinders met spraakprobleme wil help. Hierdie inligting is saamgestel met die hulp van kundiges in die bedryf.

Illustrasies deur Nici Brockwell

Lapa, 2021

Pret met Syfers – Stories en aktiwiteite oor getalle in die Bybel

Ontwikkel jou 5-8-jarige se syfervaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories!

Wendy Maartens kombineer 40 stories met aktiwiteite soos inkleur volgens nommers en soek die syfer. Besige lyfies sal ure se pret hê terwyl hulle leer van God se wêreld en sy liefde vir hulle!


Christian Art Kids, 2021

Pret met Letters – Stories en aktiwiteite oor letters in die Bybel

Ontwikkel jou 5-8-jarige se taalvaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories!

Wendy Maartens kombineer 26 stories met aktiwiteite soos soek die woorde en eenvoudige blokkiesraaisels. Besige lyfies sal ure se pret hê terwyl hulle meer leer van God se wêreld en sy liefde vir hulle!


Christian Art Kids, 2021

Vaandeldraers

Boek 1: Thuli Madonsela, Ingrid Jonker, Grizelda Grootboom

Boek 2: Caster Semenya, Zulaikha Patel, Saray Khumalo

Boek 3: Zolani Mahola, Maggie Jooste, Suna Venter

Boek 4: Esther Mahlangu, Vanessa Govender, Elsje Neethling

Illustrasies deur Linki Brand

Lapa Uitgewers, 2021

 

Torchbearers

Book 1: Thuli Madonsela, Ingrid Jonker, Grizelda Grootboom

Book 2: Caster Semenya, Zulaikha Patel, Saray Khumalo

Book 3: Zolani Mahola, Maggie Jooste, Suna Venter

Book 4: Esther Mahlangu, Vanessa Govender, Elsje Neethling

Illustrasions by Linki Brand

Penguin Random House, 2021

Die beste kinderverse van Tienie Holloway

Vandag is daar amper nie ‘n generasie wat nie ‘n versreël of strofe uit ‘n Tienie Holloway-vers onthou nie. Ongelukkig is haar bundels dun gesaai en nog net hier en daar op ‘n rak in ‘n plattelandse biblioteek te vinde. Met Die beste kinderverse van Tienie Holloway kan jonk en oud van voor af die vreugde van haar verse ontdek en in die proses terugkeer na die eenvoud van doodgewone dinge – padkos, pannekoek, pantoffels wat slof, touspring, ‘n windpomp, waatlemoen, ‘n toktokkie wat klop, of sommer net appelkooskonfyt op ‘n sny brood!

Illustrasies deur Alida Bothma

Protea, 2021

Storiekaros

Hierdie vrolike bundel stories, rympies en speletjies is ‘n kleurvolle reis saam met immergewilde karakters soos Lena, wat haar eie Kersboom in die tuin maak, Benjamin en sy viool, Tyl Uilspieël met al sy streke, en Jakkals en Wolf se manewales.

Skaterlag saam oor tergrympies, leer tel met uittelrympies en speel weer lekker buite soos in die ou dae met bekende speletjies soos Klippiegooi, Wolf, Wolf, hoe laat is dit? en Koljander, Koljander.

Leer ‘n kleinding ook speel-speel waardevolle lewenslesse soos hoe om nie kwaad te word nie en wat goeie maniere is. En maak slaaptyd ekstra spesiaal met slaaptydrympies en mooi-droom-stories.

Ook beskikbaar as e-boek.

Illustrasies deur Megan Bird

Lapa Uitgewers, 2020

Vat 5!

‘n Versameling van vyf van die coolste prenteboeke vol mossieneste, krullebolle en parmantige haasmoles.

Deur Leon de Villiers, Jaco Jacobs, Wendy Maartens, Theresa van Baalen, Marita van der Vyver

Illustrasies deur Alida Bothma, Zinelda McDonald, Alzette Prins, Maja Sereda en Chris Venter

Lapa Uitgewers, 2021

 

Rooimiere in-die-broek IDIOOM inkleurboek!

Rooimiere-in-die-broek-idioom-inkleurboek is ‘n vrolike inkleurboek met 22 eg-Afrikaanse idiome oor diere, elk met interessante feite en snaakse het-jy-geweets!

Klim in die kas met ‘n flits, of hang onderstebo in ‘n boom. Die tyd het aangebreek.

KOM ONS KLEUR IN!

Illustrasies deur Linki Brand

Lapa Uitgewers, 2020