Showing 1–20 of 61 results
Wendy het die presiese resep, wat sy jare lank in haar klas gebruik het om sigwoorde mee vas te lê, neergeskryf. Dis maklik en sonder fieterjasies. Dit is spesiaal saamgestel om as ondersteuningsmateriaal vir die ouers by die huis en die onderwyser in die klas te dien.
Die boekie is ‘n samestelling van drie sigwoordboekies. Elke sigwoordboekie is gebaseer op ses boekies wat uit Wendy se Ek lees self-reeks kom.
Sigwoordboek 1: Skilpad leer vlieg, Plaasmuis en stadsmuis, Haas en skilpad hardloop resies, Wolf dra skaapklere, Olifant en seekoei trek tou, Jakkals en kraai en die stuk kaas
Sigwoordboek 2: Jakkals en Wolf vang vis, Jakkals en Wolf wil boer, Jakkals en Wolf wil trou, Jakkals en Wolf in boer se kraal, Jakkals en Wolf bou huis, Jakkals en Wolf en die klip
Sigwoordboek 3: Rooi hen bak brood, Die drie rammetjies rof, Padda word kwaad, Muis red leeu se lewe, Die gans wat goue eiers kon lê, Sprinkaan leer werk
Interessante feit: Die sigwoordboekie kan ook onafhanklik van die leesreeks gebruik word.
Lapa, 2022
Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse idiome en gesegdes, elk met interessante feite oor plaasdiere en volg op die gewilde ROOIMIERE-IN-DIE-BROEK-IDIOOM-INKLEURBOEK!
Maak die potlode skerp. Skiet daai doppies van die merkpenne af. Lê op ‘n baal, sit agterstevoor op ‘n trekker, klim op na die solder in die skuur, of gooi ‘n kombersie oop onder ‘n boom. Die tyd het aangebreek. Kom ons kleur in!
Illustreerder: Linki Brand
Lapa, 2022
“Ek was mal oor spoke.
Eintlik was ek ‘n soort spookwetenskaplike.
Oral waar ek gekom het, het ek spookstories bymekaar gemaak.
En nou is ek self ‘n spook … kan ‘n mens so gelukkig wees?”
~ C.J. Langenhoven
Hierdie bundel met 15 spookstories het ontstaan na aanleiding van ‘n gesoute bibliotekaresse se vreugde oor kinders wat ‘n ou hardebandbundel met Langenhoven se spookstories uit die grootmens-afdeling smokkel om in die kinderafdeling voos te lees… Die spookverhale is versigtig uitgekies en hervertel om by die oorspronklike teks aan te sluit, en terselfdertyd ook tot die kind van vandag te spreek.
In die voorwoord vertel Wendy van haar eie wedervaringe tydens die herskryf van die stories.
Daar is ook praktiese wenke vir ouers en onderwysers.
Marjorie van Heerden se illustrasies dra by tot ‘n onvergeetlike ervaring!
Illustreerder: Marjorie van Heerden
Protea, 2022
Wendy se gewilde Ek lees self-reeks is nou beskikbaar – netjies verpak in 3 pragtige bokspakke.
Genoeg om enige beginnerleser nie net opgewonde te maak nie, maar ook trots op sy/haar eie klein bibliotekie!
Help jou kind om die groot wêreld woord vir woord met vreugde te oorwin. ❤️
Kyk hieronder na die 18 boeke waaruit die 3 bokspakke bestaan. Die boeke kan ook apart gekoop word.
Illustrasies deur Nicolene Louw, Chris Venter en Zinelda McDonald
Lapa, 2022
This cheerful collection contains 20 fantastic animal fables, each of which includes valuable wisdom for children in a unique way and how values can be applied in everyday life.
Donkey’s Long Walk to Town conveys the message that one can never satisfy everyone. Bat, Bramble and Seagull Have a Meeting contributes to the idea that rather than only focussing on what you lack you should appreciate what you have. In Gnat Takes On Lion, the wisdom is shared that no one is so invincible that you can never be defeated. Beetle Puts Eagle in His Place shows that, given the courage, even if you are small there is always a way to stand up to a bully. These are just a few examples from this collection of gifted, shy, cheerful, scared, angry and brave animals.
What does Mrs Crab want to brag about? What is Elephant’s Big Secret? Did Hare outsmart the bullies?
Don’t wait any longer to find out!
Illustrator: Shayna Olivier
Penguin Random House, 2021
Hierdie vrolike bundel bevat 20 fabelagtige diereverhale wat elkeen op ‘n unieke manier ‘n waardevolle lewenswysheid vir kinders insluit en wys hoe waardes in die alledaagse lewe toegepas kan word.
Donkie se lang pad dorp toe dra die boodskap oor dat ‘n mens nooit almal tevrede kan stel nie. “Vlermuis, Braambos en Seemeeu hou vergadering” dra by tot die idee dat mens nie net moet dink aan wat jy kort nie, maar dat jy moet waardeer wat jy het. “Muggie sien kans vir Leeu” bevat die wysheid dat niemand so sterk is dat hy nooit kan verloor nie. “Tor sit Arend op sy plek” gee weer moed dat daar altyd ‘n manier is om ‘n boelie op sy plek te sit, al is jy klein…
Hierdie is maar enkele voorbeelde uit hierdie bundel propvol gawe, skaam, vrolike, bang, kwaai en brawe diere. Waaroor wil Mevrou Krap spog? Wat is Olifant se geheim? Het Haas toe die boelies uitoorlê?
Moenie langer wag om uit te vind nie!
Illustrasies deur Shayna Olivier
Lapa, 2021
Jeremia is nie lief vir praat nie.
Elke keer wat sy pappa sê hy moet eendag ‘n priester word, word hy baie bang – hy sukkel dan so om te praat! Op ‘n dag hoor hy die Here se stem uit die amandelboom – en alles verander!
Behalwe vir ‘n pragtige storie bevat hierdie boek ook waardevolle hulpbronne vir ouers of onderwysers wat graag kinders met spraakprobleme wil help. Hierdie inligting is saamgestel met die hulp van kundiges in die bedryf.
Illustrasies deur Nici Brockwell
Lapa, 2021
Ontwikkel jou 5-8-jarige se syfervaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories!
Wendy Maartens kombineer 40 stories met aktiwiteite soos inkleur volgens nommers en soek die syfer. Besige lyfies sal ure se pret hê terwyl hulle leer van God se wêreld en sy liefde vir hulle!
Christian Art Kids, 2021
Ontwikkel jou 5-8-jarige se taalvaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories!
Wendy Maartens kombineer 26 stories met aktiwiteite soos soek die woorde en eenvoudige blokkiesraaisels. Besige lyfies sal ure se pret hê terwyl hulle meer leer van God se wêreld en sy liefde vir hulle!
Christian Art Kids, 2021
Boek 1: Thuli Madonsela, Ingrid Jonker, Grizelda Grootboom
Boek 2: Caster Semenya, Zulaikha Patel, Saray Khumalo
Boek 3: Zolani Mahola, Maggie Jooste, Suna Venter
Boek 4: Esther Mahlangu, Vanessa Govender, Elsje Neethling
Illustrasies deur Linki Brand
Lapa Uitgewers, 2021
Book 1: Thuli Madonsela, Ingrid Jonker, Grizelda Grootboom
Book 2: Caster Semenya, Zulaikha Patel, Saray Khumalo
Book 3: Zolani Mahola, Maggie Jooste, Suna Venter
Book 4: Esther Mahlangu, Vanessa Govender, Elsje Neethling
Illustrasions by Linki Brand
Penguin Random House, 2021
Vandag is daar amper nie ‘n generasie wat nie ‘n versreël of strofe uit ‘n Tienie Holloway-vers onthou nie. Ongelukkig is haar bundels dun gesaai en nog net hier en daar op ‘n rak in ‘n plattelandse biblioteek te vinde. Met Die beste kinderverse van Tienie Holloway kan jonk en oud van voor af die vreugde van haar verse ontdek en in die proses terugkeer na die eenvoud van doodgewone dinge – padkos, pannekoek, pantoffels wat slof, touspring, ‘n windpomp, waatlemoen, ‘n toktokkie wat klop, of sommer net appelkooskonfyt op ‘n sny brood!
Illustrasies deur Alida Bothma
Protea, 2021
Hierdie vrolike bundel stories, rympies en speletjies is ‘n kleurvolle reis saam met immergewilde karakters soos Lena, wat haar eie Kersboom in die tuin maak, Benjamin en sy viool, Tyl Uilspieël met al sy streke, en Jakkals en Wolf se manewales.
Skaterlag saam oor tergrympies, leer tel met uittelrympies en speel weer lekker buite soos in die ou dae met bekende speletjies soos Klippiegooi, Wolf, Wolf, hoe laat is dit? en Koljander, Koljander.
Leer ‘n kleinding ook speel-speel waardevolle lewenslesse soos hoe om nie kwaad te word nie en wat goeie maniere is. En maak slaaptyd ekstra spesiaal met slaaptydrympies en mooi-droom-stories.
Ook beskikbaar as e-boek.
Illustrasies deur Megan Bird
Lapa Uitgewers, 2020
‘n Versameling van vyf van die coolste prenteboeke vol mossieneste, krullebolle en parmantige haasmoles.
Deur Leon de Villiers, Jaco Jacobs, Wendy Maartens, Theresa van Baalen, Marita van der Vyver
Illustrasies deur Alida Bothma, Zinelda McDonald, Alzette Prins, Maja Sereda en Chris Venter
Lapa Uitgewers, 2021
Rooimiere-in-die-broek-idioom-inkleurboek is ‘n vrolike inkleurboek met 22 eg-Afrikaanse idiome oor diere, elk met interessante feite en snaakse het-jy-geweets!
Klim in die kas met ‘n flits, of hang onderstebo in ‘n boom. Die tyd het aangebreek.
KOM ONS KLEUR IN!
Illustrasies deur Linki Brand
Lapa Uitgewers, 2020
In hierdie besonders geïllustreerde boek het meester storieverteller Wendy Maartens 22 Suid-Afrikaanse stories bymekaargemaak. Sommige is so deurleef soos die windverwaaide kontoere van Tafelberg. Ander is so splinternuut dat die vreugdevolle verwondering van nuusgebeure nog vlak lê. Lees oor die avonture van Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo, en ontdek hoe Job Maseko ‘n oorlogskip gesink het! Ontmoet vir Tyl Uilspieël en juig saam oor die seun wat kaalvoet deur ‘n oorlog gestap het. Hierdie versamelbundel is perfek vir voorlees of selflees. ‘n Fantastiese geskenk vir enige storieliefhebber!
Illustrasies deur Linki Brand
Lapa Uitgewers, 2019
In this charmingly illustrated book, the celebrated storyteller Wendy Maartens compiled 21 stories of unsung South African heroes. Some stories are as alive as the windswept contours of Table Mountain. Others are so current that the joyous marvel of the events is still settling.
Discover how Job Maseko sank an enemy warship. Rejoice with the boy who walked barefoot through a war and follow the footsteps of the San boys who were kidnapped by traders.
Be inspired by former slave, Emilie Lehn’s survival of severe hardships and celebrate the long-awaited restoral of Sarah Baartman’s honour after her death.
This collection is the perfect gift for any young story lover!
Illustrations by Linki Brand
Lapa Publishers, 2019
‘n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee! Die Ek lees self-reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Die prettige stories sal ure se leesvermaak verskaf. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker. Woorde wat in die storie gebruik word, word onderaan elke bladsy herhaal en met sketse toegelig. Net die ding vir goeie vaslegging!
Illustrasies:
Chris Venter
Uitgewer:
Lapa Uitgewers
‘n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee! Die Ek lees self-reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Die prettige stories sal ure se leesvermaak verskaf. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker. Woorde wat in die storie gebruik word, word onderaan elke bladsy herhaal en met sketse toegelig. Net die ding vir goeie vaslegging!
Illustrasies:
Chris Venter
Uitgewer:
Lapa Uitgewers
‘n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee! Die Ek lees self-reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Die prettige stories sal ure se leesvermaak verskaf. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker. Woorde wat in die storie gebruik word, word onderaan elke bladsy herhaal en met sketse toegelig. Net die ding vir goeie vaslegging!
Illustrasies:
Chris Venter
Uitgewer:
Lapa Uitgewers