Dit is ‘n voorreg om medeskrywer van hierdie bundel te wees wat deur Protea Boekhuis uitgegee word – juis op hierdie tydstip in ons land se geskiedenis.
Ek het ‘n ma gehad wat obsternaat oor emigrasie en anderland geraak het en dan gesê het: “As ons voorouers met net ‘n hoender en ‘n bloekomtak as besem van voor af kon begin, kan ons ook as die ergste gebeur!” En daarmee was die saak afgehandel.
Ek het aan haar gedink terwyl ek my bydrae vir ‘Hierdie Land – 56 skrywers vertel’ geskryf het.
Ek het die wêreld met my rugsak platgereis en besef hierdie land is waarlik my tuiste. Hierdie land se mense is waarlik my mense.
Ek is my ma se kind. Ek gaan nêrens heen nie!”