Ek lees self-reeks
‘n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee! Die Ek lees self-reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Die prettige stories sal ure se leesvermaak verskaf. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker. Woorde wat in die storie gebruik word, word onderaan elke bladsy herhaal en met sketse toegelig. Net die ding vir goeie vaslegging!
Kom luister saam:
Die reeks bestaan nou uit:
- Skilpad leer vlieg
- Plaasmuis en Stadsmuis
- Haas en Skilpad hardloop resies
- Wolf dra skaapsklere
- Olifant en Seekoei trek tou.
- Jakkals en Kraai en die stuk kaas
- Jakkals en Wolf vang vis
- Jakkals en Wolf wil boer
- Jakkals en Wolf wil trou
- Jakkals en Wolf in Boer se kraal
- Jakkals en Wolf bou huis
- Jakkals en Wolf en die klip
- Rooi Hen bak brood
- Die drie Rammetjies Rof
- Padda word kwaad
- Muis red Leeu se lewe
- Die gans wat goue eiers kon lê
- Sprinkaan leer werk
Bestel by 021 401 0700 of www.lapa.co.za