Gesels met my
Woorde gee my vlerke
Wat sê die mense
“Hierdie is nou regtig ‘n lekker boek om vir kinders te gee om te lees – diere hou nou maar eenmaal ‘n spesiale bekoring vir die meeste van ons in; en waar hierdie nou WARE stories is oor diere wat werklik gebeur het, maak dit die boek soveel te meer interessant. Just Nuisance is die seemanne se hond wat my altyd bekoor; wat van ‘n perd wat kan lees en tel, ‘n troetelslang wat ‘n dief geflous het; die dapper Jock van die Bosveld; ‘n beer wat soldaat word; ‘n gorilla wat ‘n skurk vang en dan lees ons selfs ook van beroemdes en hulle troeteldiere. ‘n Bronnelys word aangeheg. Regtig ‘n nuttige en leersame en lekker-lees boek!”
– Lorna Gericke
“Wendy Maartens se lewendige, deernisvolle vertellings maak hierdie klassieke en moderne Suid-Afrikaanse heldestories vir oud en jonk toeganklik. ‘n Moet-hê-boek vir elke huis!” – www.graffitiboeke.co.za
“Wendy het hoog en diep gesoek na stories om die belofte van die titel, “wonderlike ware stories” gestand te doen. Om die boek te lees is soos om grondboontjies te eet. Jy is altyd lus vir nog meer.” – Solette Scheeres in Maandblad Zuid-Afrika
Wonderlike ware Dierestories: “Hierdie boek is `n heerlike leeservaring.” – Jaco Jacobs
Die mooiste Dierestories: “Lapa se top versamelbundel van 2009.” – Leon Rousseau, Die Burger