Gordonsbaai Biblioteek skryf as volg op fb: “Author’s fair with Marjorie van Heerden, Wendy Maartens and Troula Goosen. Fantastic interviews and storytelling with amazing women who do extraordinary work.”
En wat ‘n heerlike kuier met bibliotekarisse uit die streek, inwoners en kinders was dit nie. Boekwurms is darem maar ‘n spesiale spesie!
Vir Wendy het hierdie kuier ook weens ‘n ander rede besondere betekenis. Dis immers ook in Gordonsbaai waar Ingrid Jonker se kinderspore tussen die kappertjieblare langs die kanaal lê. Dis hier waar sy ouma Annatjie se ou swart handsak as skooltas moes gebruik en sy haar eerste rympies reeds as kind geskryf het. Lees haar volledige verhaal in Wendy se Vaandeldraers 1.