Brokkies

4 Desember 2020: Stories van die See op RSG!

Stories van die See word vanaf Maandag op RSG uitgesaai! 


Ek hoop jy sit al met jou voete in die seesand as die eerste Stories van die See Maandagaand, 7 Desember, net na die nuus om 19:00 op RSG uitgesaai word!

Indien nie, bring ek my geliefde groot blou dam vir jou – waar jy ook al is.

Mag die seewind en soutwater, wat steeds tussen die woorde is, al 2020 se nerf-af plekke gesond soen!