Brokkies

3 Desember 2020: Het jy al gewonder wat ons skrywers lees?

SA skrywers stel boeke voor wat jy die vakansie kan lees in Huisgenoot, 3 Desember 2020. 

Wendy Maartens skryf:

Dan Sleigh se Die buitenposte is ‘n bron van vreugde. Dis ‘n deur na die lewens van mense wie se ervarings steeds byna tasbaar is in ‘n deel van ons land wat my na aan die hart lê.

Thandeka Gqubule se No Longer Whispering to Power: The Story of Thuli Madonsela het met my vrouehart gepraat; ek het nie veel van haar struggle-verlede geweet nie. Toe ek besef die boek is deur een van die SABC8 geskryf, het dit vir my nog meer beteken.

 

Boek: My Eerste Bybel deur Wendy Maartens

Van die bekendste Bybelverhale word baie kort vir kleintjies oorvertel. Elk eindig met ‘n gebedjie van een sin.

 

LEES DIE VOLLE ARTIKEL HIER